gallery/network-1015625_640
gallery/space-580084_1280

WAT IS ONS

Internet verskaffer en konsultasie onderneming.

Kyknou Net bied verskeie oplossings vir die huis gebruiker, klein onderneming tot internasionale besigheid naamlik.

  1. Kommunikasie stelsels. 
  2. Webwerf oplossings en ontwerp. 
  3. Hardeware verkope en installasie. Vir die gewone huis gebruiker tot kragtige rekenaars vir CAD ontwerpe
  4. Netwerk opstellings en onderhoud. Vesel bedrading tot Wifi netwerke
  5. Energie besparing stelsels vir huishoudings soos Solar en Gas stelsels.
  6. Forensiese IT ondersoeke en IT oudits.

Kyknou Net bestaan reeds vanaf 1993. Ons is 'n volwaardige kommunikasie diensverskaffer en beskik oor die  nodige ICASA lisensies. Die  IECS lisensie maak dit moontlik om ons  eie netwerke en data dienste te lewer regoor SA.

Die Kameelperd is vanuit Afrika. (Ons as onderneming is van Afrika en Suid-Afrika ons moederland)

Die Kameelperd het besondere goeie oë en kan baie ver sien - letterlik kilometers ver. (Ons as besigheid, is lief om met die nuutste tegnologie te speel. Ons is bewus van die nuutste moontlikhede, maar ook die gevare wat dit inhou). 

'n Kameelperd is bekend vir sy besondere lang nek, en dit maak dit moontlik om na blare te reik verder as enige ander dier. (Ons diens is om sover as moontlik te reik wat dit haalbaar is om ons kliente tevrede te stel.)

Die kameelperd is ook vinnig en kan dus maklik enige bedreiging wat daar is, te ontglip as dit nodig is. (Kyknou.net is pro-aktief in sy optrede om bedreigings te vermy)

Tesame met al die bogenoemde eienskappe maak dit 'n besondere dier wat nie nodig is om 'n vegter te wees nie, aangesien dit nie maklik ontkant gevang kan word nie. (Krisis bestuur is selde 'n uitdaging, aangesien risikos aangespreek word voordat dit gebeur).

Kameelperd as embleem vir Kyknou Net